Jeremiah 30:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waarom roep jy oor jou ellende? jou droefheid is ongeneeslik weens die menigte van jou ongeregtigheid; omdat jou sondes vermeerder het, het Ek hierdie dinge aan jou gedoen.
Afrikaans (NLV) 2011 Waarom skreeu julle so omdat julle seerkry? Niks kan julle pyn laat verdwyn nie. Ek straf julle omdat julle so baie oortree en soveel sonde gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 Wat skreeu jy vanweë jou verbreking, jou smart wat ongeneeslik is? Omdat jou ongeregtigheid groot is, geweldig jou sondes, het Ek jou hierdie dinge aangedoen.
Afrikaans 1983 Waarom skreeu jy oor jou wond, oor jou siekte wat ongeneeslik is? Ek het jou hierdie dinge aangedoen omdat jou ongeregtigheid groot is, jou sondes baie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Waarom roep jy om hulp oor jou verwonding? Jou smart is ongeneeslik. Omdat jou sondeskuld so groot is, jou sondes so talryk is, het Ek jou hierdie dinge aangedoen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hoekom skree julle en vra iemand moet julle help? Hoekom word julle nie gesond nie? Ek het hierdie dinge aan julle gedoen omdat julle so baie verkeerde dinge gedoen het, omdat julle sondes so baie is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Waarom roep julle so hard uit oor julle seerkry? Niks kan die pyn laat verdwyn nie. Ek straf julle omdat julle so baie dinge verkeerd gedoen het. Julle is deur en deur skuldig.