Jeremiah 30:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al jou minnaars het jou vergeet; hulle soek U nie; want Ek het jou geslaan met die wond van 'n vyand, met die tugtiging van 'n wreedaardige, vanweë die menigte van jou ongeregtigheid; want jou sondes het vermeerder.
Afrikaans (NLV) 2011 Al julle bondgenote het julle in die steek gelaat. Hulle is nie langer besorg oor julle nie. Want Ek het julle gewond asof Ek julle vyand is. Julle oortredings was baie, julle sondes oorvloedig.
Afrikaans 1933/1953 Al jou minnaars het jou vergeet, hulle vra nie na jou nie; want Ek het jou geslaan soos 'n vyand slaan, met 'n wrede tugtiging, omdat jou ongeregtigheid groot is, geweldig jou sondes.
Afrikaans 1983 Almal wat jou liefgehad het, het jou vergeet, hulle gee nie vir jou om nie. Ek het jou geslaan soos 'n vyand dit sou doen: Ek het jou wreed gestraf, want jou ongeregtigheid is groot, jou sondes baie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al jou minnaars het jou vergeet, hulle vra nie eers na jou nie; want met die wonde van 'n vyand het Ek jou getref. Dit was 'n genadelose bestraffing, omdat jou sondeskuld so groot is, jou sondes so talryk is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Almal wat lief was vir julle, het vir julle vergeet, hulle soek julle nie. Want Ek het julle geslaan soos 'n vyand, Ek het julle wreed gestraf omdat julle so baie verkeerde dinge gedoen het, omdat julle sondes so baie is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die mense met wie julle ooreenkomste aangegaan het om julle te help, het julle in die steek gelaat. Hulle gee nie om wat van julle word nie. Ek het julle aangeval soos ’n mens met ’n vyand sou maak. Ek het julle sonder enige genade gestraf. Julle het baie verkeerde dinge gedoen. Julle is aan soveel goed skuldig, dit is te veel om op te noem.