Jeremiah 30:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar is niemand om jou saak te verdedig, dat jy verbind kan word nie; jy het geen genesende medisyne nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Niemand kan julle saak behartig nie. Daar is ook nie medisyne vir julle wonde of genesing vir julle nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Niemand verskaf reg aan jou nie; daar is geen medisyne vir die sweer, geen genesing vir jou nie. |
| Afrikaans 1983 | Niemand kan jou saak stel nie; daar is nie 'n raat vir jou sweer nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar is niemand wat jou regsaak behartig nie. Vir die wond is daar geen medisyne nie; daar is geen herstel vir jou nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Almal sê julle is skuldig, niemand help julle nie, julle seerplekke word nie gesond nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is niemand wat julle kan help nie. Daar is ook nie medisyne vir julle wonde nie. Verder is daar geen hoop dat julle gesond sal word nie. |