Jeremiah 30:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou te verlos; al maak Ek 'n einde aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het, nogtans sal Ek nie 'n einde aan jou maak nie; maar Ek sal jou met mate teregwys en laat jou nie heeltemal ongestraf nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek is by julle en Ek sal julle red, sê die Here. Ek sal die nasies vernietig onder wie Ek julle verstrooi het, maar julle sal Ek nie vernietig nie. Ek dissiplineer julle. Ek kan julle nie ongestraf laat nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou te verlos. Want Ek sal 'n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek is by jou, sê die Here, Ek sal jou red! Ek sal al die nasies uitwis onder wie Ek jou verstrooi het, maar Ek sal jou nie uitwis nie. Ek sal jou nie ongestraf laat nie, maar Ek sal jou regverdig straf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, Ek is by jou,’ is die uitspraak van die Here, ‘om jou te verlos; want Ek sal 'n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verdryf het; net aan jou sal Ek geen einde maak nie. Ek sal jou matig straf, maar jou beslis nie ongestraf laat nie.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “ Ja, Ek is by julle om julle te red. Ek sal al die volke laat verdwyn, al die volke na wie toe Ek julle gejaag het, maar vir julle sal Ek nie laat verdwyn nie. Ek sal julle straf, Ek moet dit doen, Ek kan nie sê julle is onskuldig nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wees gerus, Ek sal julle nie in die steek laat nie. Ek sal julle uit die hande van julle vyande red. Julle is oral versprei onder die nasies. Hulle sal Ek vernietig, maar julle sal nie vernietig word nie. Maar hoewel Ek julle nie sal vernietig nie, gaan Ek julle nogtans straf. Ek sal julle ’n regverdige straf gee.” |