Jeremiah 30:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, wees nie bevrees nie, o my kneg Jakob, spreek die HERE; wees nie verskrik nie, o Israel, want kyk, Ek verlos jou uit die verte en jou nageslag uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en in rus wees en stil wees, en niemand sal hom verskrik nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê: “Israel, my kneg, moenie bang of verskrik wees nie. Ek sal julle verlos uit ver plekke, en julle nageslag uit ballingskap. Israel sal terugkeer, en weer rus en vrede in hulle eie land hê. Niemand sal hulle bangmaak nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy dan, wees nie bevrees nie, o my kneg Jakob, spreek die HERE; en wees nie verskrik nie, o Israel! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou nageslag uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom skrikmaak. |
| Afrikaans 1983 | Moenie bang wees nie, my dienaar Jakob, moenie skrik nie, Israel, sê die Here. Ek red jou uit plekke wat ver weg is, jou nakomelinge uit die land waar hulle ballinge is. Jakob sal weer veilig wees en vrede hê, niemand sal hom laat bang word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En jy, my dienskneg Jakob, moenie bang wees nie!’ is die uitspraak van die Here. ‘Moet jou nie laat afskrik nie, Israel! Want kyk, Ek gaan jou verlos uit 'n ver plek, jou nageslag uit die land van hulle gevangenskap. Jakob sal terugkeer; hy sal stil en rustig wees, en niemand sal hom opjaag nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “En julle, my dienaars, nageslag van Jakob, julle moenie bang wees nie. Mense van Israel, julle moenie skrik nie, want Ek sal julle red daar ver waar julle is. Ek sal julle nageslag red uit die land waar hulle gevangenes is. Die nageslag van Jakob sal terugkom en veilig wees en niks sal hulle pla nie, niemand sal hulle skrikmaak nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê ook: “Israel, julle moet nie bang of angstig wees nie. Ek sal julle en julle kinders terugbring uit die land waarheen julle weggevat is, al is dit ook ver. Israel, julle sal weer rus en vrede in julle eie land hê. Julle sal vir niemand bang hoef te wees nie. |