Jeremiah 3:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur deur die ligtheid van haar hoerery, dat sy die land verontreinig het en egbreuk gepleeg het met klippe en met stokke.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy was ongeërg oor haar onsedelikheid. Sy het die land met haar owerspel besmet, want sy het afgode van hout en klip gedien.
Afrikaans 1933/1953 En vanweë haar ligsinnige hoerery het sy die land ontheilig, ja, sy het owerspel bedrywe met klip en hout.
Afrikaans 1983 Dit was vir Israel niks om haarself en die land te verontreinig nie, sy het owerspel gepleeg met afgodsbeelde van klip en hout.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En omdat haar hoerery so ligtelik opgeneem is, het sy die land besoedel. Sy het met klip en hout egbreuk gepleeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was vir die mense van Israel maklik om afgode te dien. Hulle het die land ontwy en hulle het My gelos om afgode van hout en klip te dien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Israel het niks ernstig opgeneem nie. Dit het haar nie gepla dat haar ontrouheid die land ’n slegte naam gegee het nie. Sy het doodgewoon haar eie kop gevolg en voor vreemde gode neergebuig. Die ergste is dat dit gode was wat met die hand uit hout gesny en uit klip gekap is.