Jeremiah 3:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het gesien toe Ek vanweë al die oorsake waardeur die afkerige Israel owerspel gepleeg het, haar verstoot en haar 'n skeibrief gegee het; maar haar verraderlike suster Juda was nie bang nie, maar het gegaan en ook gehoereer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy het gesien dat Ek vir Israel, wat so ontrou was, geskei het. Maar dit het Juda nie banggemaak nie. Israel het soos ’n onsedelike vrou ander gode begin dien. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek het gesien toe Ek uit oorsaak van die owerspel van die afkerige, Israel, haar verstoot en haar haar skeibrief gegee het, dat die ontroue, haar suster Juda, nie bevrees was nie, maar gegaan en ook self gehoereer het. |
| Afrikaans 1983 | Toe Ek die trouelose Israel oor al haar ontrou verstoot en die skeibrief aan haar gegee het, het Ek gesien dat haar ontroue suster Juda nie afgeskrik is nie. Ook sy het gaan ontug pleeg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy het gesien dat Ek haar suster, die afvallige, Israel, weggestuur het omdat sy egbreuk gepleeg het. Ek het haar skeibrief vir haar gegee. Maar die verraderlike, haar suster Juda, is nie daardeur afgeskrik nie. Ook sy het gegaan en gehoereer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het die mense van Israel wat My verraai het, weggejaag soos 'n man vir sy vrou 'n skeibrief gee en haar wegjaag wanneer sy egbreuk gepleeg het. Maar Ek het gesien die ontrou mense van Juda word nie bang nie. Hulle het ook afgode gaan dien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy het gesien dat Ek vir Israel, wat so ontrou was, ’n skeibrief gegee en haar weggestuur het. Maar dit het geen indruk op Juda gemaak nie. Sy het ook in haar ontrou ander gode begin dien. |