Jeremiah 3:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE het ook vir my gesê in die dae van koning Josía: Het jy gesien wat die afkerige Israel gedoen het? sy het op elke hoë berg en onder elke groen boom geklim, en daar het gehoereer.
Afrikaans (NLV) 2011 In die tyd toe Josia koning was, het die Here vir my gesê: “Het jy gesien wat Israel gedoen het? Soos ’n sedelose vrou het Israel op elke hoogte en onder elke groen boom ander gode aanbid.
Afrikaans 1933/1953 En die HERE het vir my gesê in die dae van koning Jos¡a: Het jy gesien wat die afkerige, Israel, gedoen het? Sy het op elke hoë berg en tot onder elke groen boom gegaan en daar gehoereer.
Afrikaans 1983 Dit was tydens die regering van koning Josia. Die Here het vir my gesê: Het jy gesien wat die ontroue Israel gedoen het? Sy het op elke hoë berg en onder elke groen boom gaan ontug pleeg!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die dae van koning Josia het die Here vir my gesê: “Het jy gesien wat die afvallige, Israel, gedoen het? Sy gaan na elke hoë heuwel, en gaan onder elke skaduryke boom in, en daar hoereer sy.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was die tyd toe Josia koning was. Die Here het vir my gesê: “Het jy gesien wat die mense van Israel gedoen het? Hulle het My verraai. Hulle het afgode gaan dien op elke hoë berg en onder elke groen boom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die tyd toe Josia koning in Juda was, het die Here vir my gesê: “Het jy gesien wat die noordelike koninkryk, Israel, gedoen het? Soos ’n persoon wat ontrou is aan sy huweliksmaat het Israel ander gode begin dien. Op elke hoogte en onder elke groen boom het hulle eer aan hierdie gode gebring.