Jeremiah 3:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sal hy sy toorn vir ewig bewaar? sal hy dit tot die einde toe hou? Kyk, jy het gespreek en slegte dinge gedoen soos jy kon.
Afrikaans (NLV) 2011 U sal sekerlik nie vir altyd kwaad wees oor so ’n klein dingetjie nie?’ Dit is die soort praatjies wat julle maak, maar julle hou net aan om verkeerd te doen.”
Afrikaans 1933/1953 Sal Hy vir ewig die toorn behou, of dit vir altyd bewaar? Kyk, dit het jy gesê, maar jy het slegte dinge gedoen tot die uiterste toe.
Afrikaans 1983 Sal U vir altyd kwaad wees, vir altyd toornig wees?” Dit is wat jy gesê het, maar jy het verkeerd bly doen net waar jy kon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sal Hy dan vir altyd toornig bly, of toorn vir ewig koester?’ Kyk, so praat jy, maar jy doen bose dinge, en hou daarmee vol.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sê Ek moenie aanhou kwaad wees nie, maar julle hou aan om verkeerd te doen waar julle kan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U sal sekerlik nie vir altyd kwaad wees en kwaad bly nie?’ Dit is die soort praatjies wat julle maak, maar julle hou net aan om alles te doen wat verkeerd is.”