Jeremiah 3:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ons gaan lê in ons skaamte, en ons skande bedek ons; want ons het gesondig teen die HERE onse God, ons en ons vaders, van ons jeug af tot vandag toe, en ons het nie na die stem van die HERE onse God geluister nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van skaamte sink ons weg in die aarde, oordek met skande. Ons en ons voorouers het oor die jare heen teen die Here ons God gesondig. Ons was van jongs af nie gehoorsaam aan die Here ons God nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ons wil neerlê in ons skande, en ons smaad moet ons oordek; want ons het teen die HERE onse God gesondig, ons en ons vaders van ons jeug af tot vandag toe, en ons het nie geluister na die stem van die HERE onse God nie. |
| Afrikaans 1983 | Ons wil in die aarde insink oor die skande, ons wil wegkruip van skaamte, want ons het teen die Here ons God gesondig, ons en ons voorvaders, van ons jeug af tot vandag toe. Ons was ongehoorsaam aan die Here ons God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In ons skaamte wil ons gaan lê; ons vernedering moet ons bedek, want teen die Here ons God het ons gesondig – ons en ons voorouers – van ons jeug af tot vandag toe. Ons het nie geluister na die stem van die Here ons God nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons is baie skaam, elke dag en nag, want ons het sonde gedoen teen ons God die Here, ons en ons voorvaders, van die begin af tot nou toe. Ons was nie gehoorsaam aan ons God die Here nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons wil in die aarde sink van skaamte. Ons wil wegkruip van skaamte. Ons en ons voorouers het oor die jare verkeerde dinge gedoen waarvan die Here ons God nie hou nie. Die waarheid is dat ons ongehoorsaam aan die Here was.” |