Jeremiah 3:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want skaamte het die arbeid van ons vaders verteer van ons jeug af; hulle kleinvee en hulle beeste, hulle seuns en hulle dogters.
Afrikaans (NLV) 2011 Van ons kinderjare af het ons die skande gesien, hoe alles verteer word waarvoor ons voorouers gewerk het: hulle beeste, skape en selfs ook hulle kinders.
Afrikaans 1933/1953 Maar die Skandegod het die goed van ons vaders opgeëet van ons jeug af, hulle kleinvee en hulle beeste, hulle seuns en hulle dogters.
Afrikaans 1983 Van vroeg af al het die skandegod Baäl die vrug van ons voorvaders se arbeid verteer, hulle kleinvee en hulle grootvee, ook hulle seuns en hulle dogters.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die skande het, van ons jeug af, verteer wat ons voorouers met moeite verwerf het: hulle kleinvee en beeste, hulle seuns en dogters.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Baäl, die god wat nie kan help nie, het van die begin af ons voorvaders se koring-oeste gevat, en ook hulle skape en bokke, hulle beeste, hulle seuns en hulle dogters.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van ons kinderjare af al het die skandelike afgod Baäl alles laat misluk waarvoor ons voorouers gewerk het. Dit sluit in hulle beeste, skape en selfs ook hulle kinders.