Jeremiah 3:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarlik, tevergeefs word gehoop op verlossing van die heuwels en van die menigte van berge; waarlik, in die HERE onse God is die verlossing van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons aanbidding van gode op die heuwels is heeltemal vals. Dit is net die Here ons God wat Israel kan red. |
| Afrikaans 1933/1953 | Waarlik, tevergeefs verwag hulle dit van die heuwels en van die rumoer op die berge; waarlik, in die HERE onse God is Israel se heil. |
| Afrikaans 1983 | Die lawaai op die heuwels, op die berge, lewer niks op nie. Die redding van Israel kom net van die Here ons God af. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waarlik, die geluide van die heuwels af, die gedreun by die berge, is sinsbedrog. Waarlik, by die Here ons God lê die verlossing van Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons was baie besig om afgode te dien op die berge, maar dit het ons niks gehelp nie. Nee, dit is net ons God die Here wat vir Israel kan red. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die lawaaierige manier waarop die gode op die heuwels en die berge vereer word, is ’n groot klugspul. Dit is net die Here ons God wat Israel kan help en vry maak. |