Jeremiah 3:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Keer terug, julle afkerige kinders, en Ek sal julle afkerighede genees. Kyk, ons kom na jou toe; want U is die HERE onse God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê: “Ontroue kinders, kom terug na My toe. Ek sal julle van julle ontrouheid genees.” Hulle het geantwoord: “Ja, ons wil terugkom, want U is die Here ons God! |
| Afrikaans 1933/1953 | Keer terug, o afkerige kinders; Ek sal julle afkerighede genees. Hier is ons, ons kom na U toe, want U is die HERE onse God. |
| Afrikaans 1983 | Kom terug, kinders wat afgedwaal het, Ek wil 'n einde maak aan julle afdwaling. Kyk, ons kom na U toe, want U is die Here ons God! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Keer terug, afvallige kinders! Ek sal julle afvalligheid genees.” “Hier is ons, ons kom na U toe; want U is die Here ons God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Kinders wat My verraai het, julle moet terugkom. Ek sal julle gesond maak sodat julle My nie weer verraai nie.” Die mense van Israel sê: “Hier is ons, ons kom na U toe, want U is ons God die Here! |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “My kinders, julle het My in die steek gelaat. Maar kom terug na My toe en Ek sal julle van julle skandelike optrede gesond maak.” Hierop het hulle geantwoord: “Ja, Here, ons wil terugkom, want U is die Here, ons God! |