Jeremiah 3:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Stem is op die hoogtes gehoor, geween en smekinge van die kinders van Israel, want hulle het hul weg verdraai en die HERE hulle God vergeet.
Afrikaans (NLV) 2011 “Op die heuweltoppe hoor ’n mens uitroepe. Dit is die gehuil en gesoebat van Israel se mense. Hulle het afgedwaal en van die Here hulle God vergeet.”
Afrikaans 1933/1953 'n Stem is gehoor op die kaal heuwels, smekende geween van die kinders van Israel, omdat hulle hul weg verdraai het, die HERE hulle God vergeet het.
Afrikaans 1983 Hoor hoe smeek en huil die Israeliete op die heuweltoppe, want hulle het die verkeerde pad geloop, hulle het die Here hulle God vergeet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Stem klink op langs die woestynpaaie: die gehuil, die smeekbedes van die Israeliete, want hulle het die pad byster geraak, hulle het die Here hulle God vergeet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gesê: “Ek het gehoor hoe die mense van Israel gehuil het op die heuwels waar nie bome is nie. Hulle het gebid en gevra dat Ek moet luister, want hulle het verkeerd gedoen, hulle het hulle God die Here vergeet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op die heuweltoppe hoor ’n mens uitroepe. Dit is die gehuil en gesoebat van Israel se mense. Hulle huil, want hulle besef dat hulle op ’n verkeerde koers is. Hulle het van die Here vergeet.