Jeremiah 3:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waarlik, soos 'n vrou troueloos van haar man afwyk, so het julle troueloos teen My gehandel, o huis van Israel, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Israel het soos ’n ontrou vrou wat haar man verlaat, My verraai,” sê die Here.
Afrikaans 1933/1953 Maar soos 'n vrou troueloos skei van haar minnaar, so het julle troueloos teen My gehandel, o huis van Israel, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 Maar soos 'n vrou wat ontrou is aan haar man, so was julle, Israel, ontrou aan My, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar soos 'n vrou verraderlik haar minnaar verlaat, so was julle verraderlik teenoor My, huis van Israel,” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar, nageslag van Israel, julle was ontrou aan My soos 'n vrou wat ontrou is aan haar man.” Dit het die Here gesê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar soos dit soms met getroude mense in ’n huwelik gaan waar een van hulle die ander een kul, so het julle ook met My gemaak, Israel,” sê die Here.