Jeremiah 3:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Slaan jou oë op na die hoogtes, en kyk waar jy nie 'n leuen gehad het nie. Op die weë het U vir hulle gaan sit, soos 'n Arabier in die woestyn; en jy het die land ontheilig met jou hoererye en met jou boosheid.
Afrikaans (NLV) 2011 “Kyk ’n bietjie om jou na die heuwels. Is daar enige plek waar jy nie losbandig was nie? Jy sit langs die pad soos ’n prostituut en wag vir ’n minnaar. Jy sit soos ’n swerwer in die woestyn. Jy het die land besmet met jou ontrou en boosheid!
Afrikaans 1933/1953 Slaan jou oë op na die kaal heuwels en kyk! Waar is jy nie onteer nie? Aan die paaie het jy vir hulle klaar gesit soos 'n Arabier in die woestyn, en jy het die land ontheilig deur jou hoererye en deur jou boosheid.
Afrikaans 1983 Kyk op na die heuweltoppe: waar het jou minnaars nie by jou geslaap nie? Langs die paaie het jy vir hulle gesit en wag soos 'n Arabier in die woestyn, en jy het die land verontreinig met jou onsedelikheid, met jou slegte gedrag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Kyk op na die woestynpaaie en sien self! Waar is jy nie misbruik nie? Langs die paaie het jy hulle ingewag soos 'n Arabier in die woestyn. Jy het die land besoedel met jou hoerery en boosheid!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Kyk na al die heuwels waar nie bome groei nie. Julle het oral afgode gedien. Julle het langs die paaie in die woestyn gesit soos Arabiere wat wag dat mense verbykom. Julle het afgode gedien en slegte dinge gedoen, en so het julle die land ontwy.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kyk ’n bietjie om jou na die heuwels. Is daar enige plek in die hele land waar jy nie vreemde gode vereer het nie? Jy sit langs die pad soos iemand van losse sedes wat iemand soek om by te slaap. Jy is soos ’n rower in die woestyn wat wag om iemand te beroof. Jy het die land ’n slegte naam gegee met jou dislojale optrede. Jou doen en late is boos!