Jeremiah 3:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Ek het gesê: Hoe sal Ek jou onder die kinders stel en jou 'n lieflike land gee, 'n pragtige erfdeel van die leërskare van die nasies? en ek het gesê: Jy moet my my vader noem; en sal van my nie afwyk nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek het by Myself gedink: ‘Ek sou julle graag soos my eie kinders wou behandel! En Ek sou graag hierdie mooi land vir julle wou gee. Nie een van die nasies se grondgebied is naastenby so mooi nie.’ Ek het gedink julle sou My ‘Vader’ noem en nooit weer julle rug op My draai nie.
Afrikaans 1933/1953 k het wel gedink: o Hoe gaan Ek jou met seuns gelykstel en aan jou gee 'n kosbare land, 'n allersierlikste erfenis van die nasies! Ook het Ek gedink: Jy sal My noem: My Vader! en jy sal van My nie afvallig word nie.
Afrikaans 1983 Ek het gesê: Hoe graag wil Ek jou 'n seun van My maak en aan jou 'n lieflike land gee, 'n besitting liefliker as enigiets wat enige nasie het. Ek het gesê: Noem My “Vader”, en moet nooit weer van My af wegdraai nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ En Ek, Ek het gedink: Hoe kan Ek jou tussen die seuns opneem, vir jou 'n begeerlike land gee – as erfenis die heel beste van die sierade van nasies. Ek het gedink: My Vader sal julle my noem, en van My nie wegdraai nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Ek wou julle aanneem en julle my kinders maak. Ek wou vir julle 'n pragtige land gee wat mooier is as die mooiste lande van ander volke. Ek het gedink julle sal vir My sê: ‘U is ons Vader,’ Ek het gedink julle sal nie weggaan van My nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek het by Myself gedink: Ek sal daarvan hou om julle soos my eie kinders te behandel. Ek sou graag hierdie mooi land vir julle wou gee. Nie een van die nasies se grondgebied is naastenby so mooi soos hierdie land nie. Verder wou Ek baie graag hê dat julle vir My ‘Vader’ moes sê en nooit weer die rug vir My sou draai nie.