Jeremiah 3:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In dié dae sal die huis van Juda saam met die huis van Israel wandel, en hulle sal saamtrek uit die land van die noorde na die land wat Ek aan julle vaders as erfdeel gegee het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In hierdie tyd sal die mense van Juda en Israel by mekaar aansluit. Hulle sal saam uit die noorde terugkom na die land wat die Here vir hulle voorouers as erfenis gegee het. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die dae sal die huis van Juda gaan na die huis van Israel, en hulle sal saam uit die Noordland kom in die land wat Ek aan julle vaders as erfenis gegee het. |
| Afrikaans 1983 | In daardie dae sal Juda by Israel aansluit en hulle sal saam uit die noordelike landstreek kom na die land wat Ek as besitting aan hulle voorvaders gegee het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In daardie dae sal die huis van Juda by die huis van Israel aansluit, en saam sal hulle uit 'n land in die noorde aankom in die land wat Ek vir hulle voorouers as erfenis gegee het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In daardie tyd sal die volk Juda saam met die volk Israel kom uit die land ver in die noorde. Hulle sal kom na die land wat Ek vir hulle voorvaders gegee het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In hierdie selfde tyd sal die mense van Juda en Israel by een plek saamkom. Hulle sal dan saam uit die noorde terugkom na die land wat die Here vir hulle voorouers gegee het. Hy het gesê die land is vir altyd hulle s’n. |