Jeremiah 3:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In dié tyd sal hulle Jerusalem die troon van die HERE noem; en al die nasies sal daarby versamel word vir die Naam van die HERE in Jerusalem; en hulle sal nie meer wandel in die versinsels van hul bose hart nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In dié tyd sal Jerusalem bekend staan as die troon van die Here. Al die nasies sal hierheen kom om eer aan die Here te bring. Hulle sal nie langer soos domastrante mense slegte dinge doen nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die tyd sal hulle Jerusalem noem die troon van die HERE; en al die nasies sal daarheen saamkom vanweë die Naam van die HERE in Jerusalem; en hulle sal nie meer wandel na die verharding van hul bose hart nie. |
| Afrikaans 1983 | In daardie tyd sal hulle Jerusalem noem: “Die troon van die Here”, en al die nasies sal in Jerusalem bymekaarkom om die Naam van die Here te eer. Hulle sal nie hardkoppig bly nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In daardie tyd sal hulle Jerusalem “die troon van die Here” noem. By haar sal al die nasies byeenkom ter wille van die Naam van die Here, ter wille van Jerusalem. Hulle sal nie langer die verstoktheid van hulle bose harte volg nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In daardie tyd sal die mense Jerusalem noem ‘Die troon van die Here,’ en al die volke sal bymekaarkom daar waar die Here is, in Jerusalem. Hulle sal nie meer hardkoppig wees nie, hulle sal nie doen wat hulle sondige harte vir hulle sê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit sal die tyd wees wanneer mense na Jerusalem sal kyk en sê: “Dit is die stoel waarop die Here as koning sit.” Al die nasies sal hierheen kom om aan die Here eer te bring. Hulle sal nie langer soos domastrante mense hulle eie kop volg nie. |