Jeremiah 3:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as julle vermenigvuldig en vermeerder word in die land, in dié dae, spreek die HERE, sal hulle nie meer sê: Die verbondsark van die HERE nie; en dit sal nie in hul gedagtes opkom nie; onthou dit; en hulle mag dit nie besoek nie; en dit sal nie meer gedoen word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sê: “Wanneer daar weer baie mense in die land is, sal hulle nie meer oor die verbondsark van die Here praat nie. Trouens, dit sal nie eers in hulle gedagtes opkom nie. Hulle sal dit nie eers onthou of mis nie, wat nog te sê ’n nuwe een maak!
Afrikaans 1933/1953 En as julle vermenigvuldig en vrugbaar word in die land in die dae, spreek die HERE, dan sal hulle nie meer sê: Die verbondsark van die HERE nie. Ook sal dit in die hart nie opkom nie, en hulle sal daaraan nie dink en dit nie soek nie, en dit sal nie weer gemaak word nie.
Afrikaans 1983 Wanneer julle vrugbaar is en baie word in die land, in daardie dae, sê die Here, sal niemand meer uitroep: “Die verbondsark van die Here!” nie; dit sal nie meer in iemand se gedagte opkom nie, niemand sal dit eers meer noem of dit mis nie en niemand sal 'n nuwe maak nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En wanneer julle vermeerder en vrugbaar is in die land in daardie dae,” is die uitspraak van die Here, “sal hulle nie meer sê, ‘Die ark van die Here se verbond!’ nie. Dit sal trouens nie eers in hulle gedagte opkom nie. Hulle sal nie daaraan dink of dit mis nie. Dit sal ook nie weer gemaak word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer julle in daardie tyd meer word in die land en baie kinders kry, dan sal niemand meer praat oor die verbondskis van die Here nie. Niemand sal daaraan dink nie, niemand sal vra waar dit is nie, niemand sal 'n ander kis wil maak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê wanneer daar weer baie mense in die land is, sal hulle nie meer uitroep: “O, daar is die ark wat wys dat daar ’n ooreenkoms tussen die Here en ons is” nie. Om die waarheid te sê, niemand sal eens daaraan dink, daaroor praat of dit eens mis nie. Wat nog ’n nuwe een maak!