Jeremiah 3:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Draai om, o afkerige kinders, spreek die HERE; want Ek is met jou getroud, en Ek sal vir jou een uit 'n stad neem en twee uit 'n familie, en Ek sal jou na Sion bring.
Afrikaans (NLV) 2011 “Kom terug na My toe, ontroue kinders, want Ek is julle man. Ek sal hier een uit ’n stad en daar twee uit ’n familie vat en na Sion toe terugbring.
Afrikaans 1933/1953 Keer terug, o afkerige kinders, spreek die HERE, want Ek is heer oor julle; en Ek sal julle neem, een uit 'n stad en twee uit 'n geslag en sal julle in Sion bring.
Afrikaans 1983 Kom terug, kinders wat afgedwaal het, sê die Here. Ek maak julle my eiendom. Ek sal julle vat, een uit 'n stad en twee uit 'n familie, en julle na Sion toe bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Keer terug, afvallige kinders!” is die uitspraak van die Here, “want dit is Ek wat heer is oor julle. Ek sal julle terugneem, een uit 'n stad en twee uit 'n familiegroep; en Ek sal julle na Sion bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Kinders wat My verraai het, julle moet terugkom, julle behoort aan My. Ek sal uit elke stad een van julle neem, en uit elke familie twee, en Ek sal julle na Sion bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle het koers verloor,” sê die Here, “maar kom terug na My toe. Julle behoort aan My. Wat Ek sal doen, is om hier een mens uit ’n stad en daar twee uit ’n familie te vat en julle na Jerusalem toe terug te bring.