Jeremiah 3:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Beken net jou ongeregtigheid, dat jy teen die HERE jou God oortree het en jou weë na die vreemdes verstrooi het onder elke groen boom, en julle het na my stem nie geluister nie, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Erken net dat julle skuldig is. Erken dat julle teen die Here julle God in opstand gekom het. Julle was ontrou aan Hom deur onder elke groen boom afgode te aanbid. Bely dat julle My nie gehoorsaam het nie, sê die Here!
Afrikaans 1933/1953 Alleenlik, ken jou ongeregtigheid, dat jy teen die HERE jou God oortree het en jou weë gerig het na die vreemdes, onder elke groen boom; maar na my stem het julle nie geluister nie, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 Erken net jou skuld, dat jy teen die Here jou God in opstand gekom het deur onder elke groen boom vreemde gode te gaan dien en so aan My ongehoorsaam te wees, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Erken net jou sondeskuld, want teen die Here jou God het jy oortree. Jy het jou paaie in alle rigtings laat loop na vreemdes onder elke skaduryke boom. Na my stem het julle nie geluister nie,” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar een ding moet julle weet: Julle het sonde gedoen, julle was opstandig teen julle God die Here, julle het gode van ander volke gedien, oral onder elke groen boom, julle was nie gehoorsaam aan My nie.” Dit het die Here gesê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al wat Ek van jou verwag, is om te erken dat jy verkeerd gedoen het. Jy het teen My, wat die Here jou God is, gerebelleer. Jy het jou onder elke liewe koelteboom voor die gode neergebuig. Jy sal moet erken dat jy nie na My wou luister nie. Dit is wat Ek, die Here, wil hê julle moet hoor.