Jeremiah 3:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het vir my gesê: Die afvallige Israel het haarself meer geregverdig as die ontroue Juda.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê die Here vir my: “Selfs die ontroue Israel is minder skuldig as die verraderlike Juda!
Afrikaans 1933/1953 Toe het die HERE vir my gesê: Die afkerige, Israel, het haar siel geregverdig meer as die ontroue, Juda.
Afrikaans 1983 Toe het die Here vir my gesê: Die trouelose Israel is minder skuldig as die ontroue Juda.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het verder vir my gesê: “Die afvallige, Israel, het haarself regverdiger gedra as die verraderlike, Juda.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het ook vir my gesê: “Maar die mense van Israel wat My verraai het, was minder skuldig as die ontrou mense van Juda.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het die Here vir my gesê: “Israel was baie dislojaal aan My, maar wat Juda gedoen het, is baie erger.