Jeremiah 3:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle sê: As 'n man van sy vrou skei, en sy gaan van hom af weg en word 'n ander man s'n, sal hy weer na haar toe terugkeer? sal daardie land nie baie besoedel word nie? maar jy het met baie minnaars gehoereer; keer tog terug na My toe, spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here vra: “As ’n man van sy vrou skei en sy trou met ’n ander man, mag hy haar dan weer terugvat? Sal dit nie die land besoedel nie? Israel, jy het by baie minnaars geslaap. Tog roep Ek jou; wil jy nou terugkom na My toe?” sê die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy sê: As 'n man sy vrou verstoot, en sy gaan van hom af weg en word 'n ander man s'n, kan hy dan nog na haar teruggaan? Sal daardie land nie skandelik ontheilig word nie? En jy het met baie minnaars gehoereer en wil na My terugkom, spreek die HERE! |
| Afrikaans 1983 | Die Here vra: Mag 'n man as hy van sy vrou skei en sy hom verlaat en 'n ander man se vrou word, na haar toe teruggaan? Sou die land nie vreeslik verontreinig word nie? En jy wat by so baie minnaars geslaap het, wil jy na My toe terugkom? vra die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet sê: “As 'n man sy vrou wegstuur, en sy gaan van hom af weg en word die vrou van 'n ander man, sal hy weer na haar teruggaan? Sal daardie land nie heeltemal besoedel wees nie? Jy is die een wat met baie minnaars gehoereer het, en jy wil na My terugkeer?” is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here vra: “Wanneer 'n man skei van sy vrou en sy gaan weg van hom en sy trou met 'n ander man, dink julle die eerste man sal dan teruggaan na haar toe? Nee, want dan sal die hele land ontwy wees. Julle het baie afgode gedien en wil julle nou na My toe terugkom? Nee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here vra: “As ’n man van sy vrou skei en sy trou met ’n ander man, mag hy haar terugvat? As hy dit sou doen, sou dit nie ’n slegte invloed op die land hê nie? Israel, jy het agter baie gode aangeloop net soos mense wat losbandig is en oral rondslaap. En nou wil jy weer na My toe terugkom. |