Jeremiah 29:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Laat julle profete en julle waarsêers wat in julle midde is, julle nie mislei nie, en luister nie na julle drome wat julle laat droom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: “Moenie toelaat dat die profete en die waarsêers by julle julle bedrieg nie. Julle moet julle ook nie aan hulle drome steur nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want so spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Laat julle profete en julle waarsêers wat onder julle is, julle nie bedrieg nie, en luister nie na julle dromers vir wie julle laat droom nie. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Moenie dat die profete en waarsêers daar by julle julle mislei nie. Moenie ag slaan op daardie drome wat julle so graag droom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, so sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel, ‘Moenie dat julle profete en die voorspellers in julle midde julle mislei nie, en moenie aandag gee aan die drome wat julle hulle laat droom nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ja, die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Julle moenie luister na die profete en waarsêers wat daar by julle is nie, en julle moenie luister na die mense wat sê hulle weet wat julle drome beteken nie, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here wat die God van Israel is, sê: “Moenie toelaat dat die profete en die waarsêers wat daar by julle is, julle bedrieg nie. Julle moet julle ook nie steur aan hulle drome nie. |