Jeremiah 29:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En soek die vrede van die stad waarheen Ek julle as gevangenes weggevoer het, en bid daarvoor tot die HERE; want in die vrede daarvan sal julle vrede hê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dra ook julle deel by vir vrede in Babel waarheen Ek julle in ballingskap laat gaan het. Bid tot die Here sodat dit goed sal gaan met die stad waarin julle bly. As dit met Babel goed gaan, sal dit ook met julle goed gaan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en soek die vrede van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, en bid daarvoor tot die HERE; want in die vrede daarvan sal julle vrede hê. |
| Afrikaans 1983 | Bevorder die belange van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, bid tot My vir daardie stad, want sy belange is ook julle belange. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Bevorder die voorspoed van die stad waarheen Ek julle in ballingskap laat gaan het, en bid tot die Here vir die stad, want in sy voorspoed is daar ook voorspoed vir julle.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En julle moet help dat dit goed gaan met die stad waarnatoe Ek julle laat wegvat het. Julle moet ook bid vir die mense van daardie stad, want as dit met hulle goed gaan, dan sal dit met julle ook goed gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Doen ook julle deel dat daar vrede en voorspoed in Babel sal wees. Vra ook in gebed vir die Here dat dit goed sal gaan met die stad waar julle aangekom het toe julle uit julle land weggevat is. As dit met Babel goed gaan, sal dit ook met julle goed gaan.” |