Jeremiah 29:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Neem vroue en verwek seuns en dogters; en neem vir julle seuns vroue en gee julle dogters aan mans, dat hulle seuns en dogters kan baar; sodat julle daar vermeerder en nie verminder kan word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Trou en verwek kinders. Sorg dat julle kinders ook trou sodat julle baie kleinkinders sal hê! Sorg dat julle getalle daar vermeerder en nie verminder nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | neem vroue en verwek seuns en dogters, en neem vroue vir julle seuns en gee julle dogters aan mans, dat hulle seuns en dogters baar; en vermenigvuldig daar, en moenie verminder nie; |
| Afrikaans 1983 | trou en bring kinders in die wêreld, en laat hulle trou en kinders in die wêreld bring. Julle moet daar in Babel baie word, nie min nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Neem vroue en verwek seuns en dogters, en kry vir julle seuns vroue en gee julle dogters aan mans, sodat hulle seuns en dogters kan kry. Word daar meer en moenie minder word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet trou en kinders kry, en julle moet julle kinders laat trou sodat hulle kinders kan kry. Julle moet meer word, nie minder nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet ook trou en kinders hê. Sorg ook dat julle kinders maats kry om mee te trou. Mag hulle vir julle baie kleinkinders gee. Werk daaraan dat julle getalle meer word en nie minder nie. |