Jeremiah 29:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel, aan almal wat gevangenes weggevoer is, wat Ek van Jerusalem af na Babel laat wegvoer het;
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê vir al die mense wat Hy uit Jerusalem na Babel toe laat wegvoer het:
Afrikaans 1933/1953 So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel, aan al die ballinge wat Ek uit Jerusalem na Babel in ballingskap weggevoer het:
Afrikaans 1983 So sê Ek, die Here die Almagtige, die God van Israel, vir al die ballinge wat Ek uit Jerusalem in ballingskap na Babel toe weggevoer het:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel, aan al die ballinge wat Ek uit Jerusalem na Babel in ballingskap weggevoer het:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jeremia het geskryf: “Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê vir almal wat Hy laat wegvat het na Babel:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here is sterker as alles en almal. Hy is die God van Israel. Hy sê vir al die mense wat Hy uit Jerusalem uit laat wegvat het na Babel toe: