Jeremiah 29:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek besoek Semaja, die Nehelamiet, en sy nageslag; hy sal geen man hê om onder hierdie volk te woon nie; en hy sal nie die goeie sien wat Ek aan my volk sal doen nie, spreek die HERE; want hy het opstandigheid teen die HERE geleer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Omdat Semaja dit gedoen het, sê die Here, sal Ek hom en sy familie straf. Nie een van sy mense sal lewe om al die goeie dinge te sien wat Ek vir my volk gaan doen nie, want hy het die mense geleer om opstandig teen My te wees. Dit is wat die Here self sê!’” |
| Afrikaans 1933/1953 | daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek doen besoeking oor Sem ja, die Nehelamiet, en oor sy geslag; hy sal niemand hê wat onder hierdie volk woon nie, en hy sal die goeie nie sien wat Ek aan my volk sal doen nie, spreek die HERE; want hy het teen die HERE afval verkondig. |
| Afrikaans 1983 | daarom, so sê die Here, sal Ek vir Semaja die Negelamiet straf en ook sy nageslag. Hy sal geen familielid onder hierdie volk oorhê nie en hy sal nie deel in die goeie wat Ek vir my volk sal doen nie, sê die Here. Hy het opstand teen My gepreek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | daarom, so sê die Here, ‘Kyk, Ek gaan van Semaja, uit Negelam, rekenskap eis, en ook van sy nageslag. Daar sal vir hom niemand wees wat tussen hierdie volk woon nie; en hy sal nie die goeie beleef wat Ek aan my volk gaan doen nie,’ is die uitspraak van die Here, ‘want hy het valshede oor die Here verkondig.’ ” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sal Ek vir Semaja en sy nageslag straf. Nie een van sy kinders sal by hierdie volk bly woon nie. Ek sal dit weer goed laat gaan met my volk, maar hy sal dit nie sien nie.” Dit het gebeur omdat Semaja die mense opstandig wou maak teen die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat Semaja dit gedoen het, sal Ek hom en sy familie straf. Nie een van sy mense sal bly lewe om al die goeie dinge te sien wat Ek vir my mense gaan doen nie. Hy het die mense geleer om rebels teen My te wees.” Dit is wat die Here self sê! |