Jeremiah 29:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Stuur na al die ballinge en sê: So spreek die HERE aangaande Semája, die Nehelamiet; Omdat Semaja vir julle geprofeteer het, en Ek hom nie gestuur het nie, en hy julle op die leuen laat vertrou het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Laat weet vir al die mense in ballingskap: ‘Die Here sê van Semaja wat van Negelam af kom: Hy het vir julle boodskappe gebring, maar Ek het hom nie gestuur nie. Hy het julle in leuens laat glo. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat al die ballinge weet: So sê die HERE aangaande Sem ja, die Nehelamiet: Omdat Sem ja vir julle geprofeteer het sonder dat hy deur My gestuur is, en hy julle op leuens laat vertrou het, |
| Afrikaans 1983 | Stuur hierdie boodskap na al die ballinge toe. So sê die Here vir Semaja die Negelamiet: Omdat Semaja vir julle as profeet opgetree het hoewel Ek hom nie gestuur het nie, en hy julle op 'n leuen laat staatmaak het, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Stuur 'n boodskap aan al die ballinge, ‘So sê die Here oor Semaja, uit Negelam: “Omdat Semaja vir julle geprofeteer het, terwyl Ek hom nie gestuur het nie, en hy julle op leuens laat vertrou het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet vir al die mense in Babel skryf en sê: Die Here sê: Semaja wat van Negelam kom, het gesê hy is 'n profeet, maar Ek het hom nie gestuur nie. Hy het julle laat glo dat leuens julle kan help. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Laat weet vir al die mense wat weggevat is Babel toe: Die Here is nie tevrede met Semaja wat van Negelam af kom nie. Hy het boodskappe vir julle namens My gebring, maar Ek het hom nie daarmee gestuur nie. Hy het julle sy leuens laat glo. |