Jeremiah 29:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waarom het jy dan nie vir Jeremia van Anatot, wat homself vir jou 'n profeet maak, tereggewys nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Verduidelik ’n bietjie hoekom jy Jeremia, wat van Anatot af kom, nie tereggewys het nie? Hy gee mos voor om ’n profeet te wees!
Afrikaans 1933/1953 waarom het jy dan nou Jeremia, die Anatotiet, nie gekeer nie, wat by julle as 'n profeet optree;
Afrikaans 1983 Waarom het jy nie nou vir Jeremia die man uit Anatot wat vir julle as profeet optree, tereggewys nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En nou, waarom het jy nie vir Jeremia uit Anatot, wat vir julle as 'n profeet optree, tereggewys nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jeremia kom van Anatot en hy is daar by julle 'n profeet. Hoekom het jy nie vir hom ook gestraf nie?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Verduidelik nou ’n bietjie, hoekom het jy niks aan Jeremia van Anatot gedoen nie? Hy het sulke boodskappe namens die Here vir jou gegee.