Jeremiah 29:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel, en sê: Omdat jy in jou Naam briewe gestuur het aan die hele volk wat in Jerusalem is, en aan Sefanja, die seun van Maäséja, die priester, en aan al die priesters, en gesê:
Afrikaans (NLV) 2011 “Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: Jy het op eie inisiatief briewe aan die priester Sefanja seun van Maäseja geskryf en kopieë daarvan aan die priesters en die mense in Jerusalem gestuur. Jy het geskryf:
Afrikaans 1933/1953 So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Omdat jy 'n brief in jou naam gestuur het na die hele volk wat in Jerusalem is, en na Sef nja, die seun van Maäs,ja, die priester, en na al die priesters, met die woorde:
Afrikaans 1983 So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Jy het op eie houtjie na die hele volk in Jerusalem briewe gestuur en ook na die priester Sefanja seun van Maäseja en na al die ander priesters toe en geskryf:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel, ‘Dit is jy wat in jou eie naam briewe gestuur het aan die hele volk wat in Jerusalem is, en aan die priester Sefanja, seun van Maäseja, en aan al die priesters, met die woorde:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Jy het briewe gestuur na al die mense in Jerusalem en na die priester Sefanja seun van Maäseja en na al die ander priesters. Niemand het gesê jy moet dit doen nie. Jy het vir Sefanja geskryf en gesê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here is sterker as alles en almal. Hy is die God van Israel en Hy sê: “Jy het ’n brief geskryf wat jy self geteken het. Hierdie brief het jy aan die mense gestuur wat in Jerusalem bly. Maar jy het dit ook aan die priester Sefanja, die seun van Maäseja, en ander priesters gestuur. Daarin het jy vir Sefanja geskryf: