Jeremiah 29:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat hulle 'n kwaadwilligheid in Israel gepleeg het en egbreuk gepleeg het met die vroue van hul bure, en in my Naam leuenagtige woorde gespreek het wat Ek hulle nie beveel het nie; selfs Ek weet dit en is 'n getuie, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie twee het verskriklike dinge onder die mense van Israel gedoen. Hulle het owerspel gepleeg met ander mans se vroue. Hulle het ook leuens vertel en voorgegee hulle praat namens My. Ek het hulle geen opdragte gegee nie. Ek weet, want Ek is ’n getuie van alles,” sê die Here.
Afrikaans 1933/1953 omdat hulle 'n skanddaad in Israel begaan het en owerspel met die vroue van hulle naaste bedryf het en 'n leuenwoord in my Naam gespreek het, wat Ek hulle nie beveel het nie; en Ek is die Een wat weet en getuie is, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 Hulle het 'n afskuwelike ding in Israel gedoen: hulle het gehoereer met hulle bure se vrouens en ook vals in my Naam gepraat terwyl Ek hulle nie 'n opdrag gegee het nie. Ek weet dit, Ek is getuie daarvan, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) omdat hulle 'n gruweldaad gepleeg het in Israel: Hulle het met die vroue van hulle medemense owerspel gepleeg en in my Naam vals woorde verkondig wat Ek hulle nie beveel het nie. Ek is die Een wat weet en 'n getuie is,’ is die uitspraak van die Here.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal gebeur omdat Sedekia en Agab by die Israeliete iets gedoen het wat Ek haat. Hulle het by ander mans se vroue geslaap en hulle het gesê Ek het hulle gestuur, maar hulle het vals boodskappe gebring. Ek het nie vir hulle gesê om dit te doen nie. Ek weet wat hulle gedoen het, en Ek is 'n getuie teen hulle. Dit sê die Here.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat hierdie twee sogenaamde profete onder die mense van Israel gedoen het, is vreeslik. Hulle het owerspel gepleeg met ander mans se vroue. En dan het hulle ook nog die vermetelheid om leuens te vertel en voor te gee dat wat hulle sê, van My af kom. Ek het hulle nie gestuur, maar Ek weet wat hulle alles aanvang. Ek sal self teen hulle getuig,” sê die Here.