Jeremiah 29:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En oor hulle sal 'n vloek opgeneem word deur die hele ballinge van Juda wat in Babel is, deur te sê: Die HERE sal jou maak soos Sedekía en soos Agab, wat die koning van Babel in die vuur gebraai het;
Afrikaans (NLV) 2011 Wat met hulle gebeur, sal soos ’n spreekwoord word. Elke keer as die mense van Juda in Babel iemand wil verwens, sal hulle sê: ‘Mag die Here met jou laat gebeur soos wat die koning van Babel met Agab en Sedekia gedoen het. Hy het hulle lewendig verbrand!’
Afrikaans 1933/1953 En aan hulle sal 'n vloek ontleen word by al die ballinge van Juda wat in Babel is, deurdat gesê word: Mag die HERE jou maak soos Sedek¡a en soos Agab, wat die koning van Babel in die vuur gebraai het! --
Afrikaans 1983 En hulle name sal as 'n vervloeking gebruik word deur al die Joodse ballinge in Babel, wat sal sê: “Mag die Here jou maak soos Sedekia en soos Agab vir wie die koning van Babel verbrand het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En daarvan sal 'n vervloeking afgelei word deur al die ballinge van Juda wat in Babel is, naamlik: “Mag die Here met jou maak soos met Sedekia en Agab, wat deur die koning van Babilonië in die vuur laat braai is!” –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die mense van Juda wat nou in Babel is, iemand wil vervloek, dan sal hulle sê: ‘Ons bid dat die Here met jou sal doen wat Hy met Sedekia en Agab gedoen het. Nebukadnesar het hulle in die vuur gebraai.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat met hierdie twee mense sal gebeur, sal soos ’n spreekwoord word. Elke keer as een van die mense van Juda wat in Babel is, iemand wil verwens, sal hulle sê: ‘Mag die Here met jou laat gebeur wat die koning van Babel met Agab en Sedekia gedoen het. Hy het hulle lewendig verbrand!’