Jeremiah 29:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel, van Agab, die seun van Kolaja, en van Sedekía, die seun van Maäséja, wat vir julle 'n leuen in my Naam profeteer; Kyk, Ek gee hulle in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel; en hy sal hulle voor julle oë doodmaak;
Afrikaans (NLV) 2011 So sê die Here, die Almagtige, die God van Israel, oor Agab seun van Kolaja en Sedekia seun van Maäseja wat leuens in my Naam verkondig: Ek sal hulle aan Nebukadnesar oorgee en hy sal hulle voor julle doodmaak.
Afrikaans 1933/1953 So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel, aangaande Agab, die seun van Kol ja, en aangaande Sedek¡a, die seun van Maäs,ja, wat vir julle in my Naam leuens profeteer: Kyk, Ek gee hulle in die hand van Nebukadr,sar, die koning van Babel, en hy sal hulle voor julle oë verslaan.
Afrikaans 1983 So sê die Here die Almagtige, die God van Israel, vir Agab seun van Kolaja en vir Sedekia seun van Maäseja wat sonder opdrag in my Naam as julle profete optree: Ek sal hulle oorgee in die mag van koning Nebukadnesar van Babel, en hy sal hulle voor julle oë om die lewe bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel, oor Agab, seun van Kolaja en oor Sedekia, seun van Maäseja, wat vir julle in my Naam leuens profeteer, ‘Kyk, Ek gaan hulle oorgee in die hand van Nebukadresar, koning van Babilonië, en hy sal hulle voor julle oë neervel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Agab seun van Kolaja en Sedekia seun van Maäseja sê die Here het hulle gestuur, maar hulle het vals boodskappe gebring. Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Ek sal hulle vir koning Nebukadnesar van Babel gee, en hy sal hulle doodmaak, en julle sal dit sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy is die God van Israel. Hy sê dat Agab, die seun van Kolaja, en Sedekia, die seun van Maäseja, sê dat hulle boodskappe bring wat van die Here af kom. Dit is natuurlik alles leuens. Daarom sê die Here: “Ek sal hulle aan Nebukadnesar oorgee. Hy sal hulle laat doodmaak waar almal dit kan sien.