Jeremiah 29:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) (Daarna het koning Jekonja en die koningin en die eunugs, die vorste van Juda en Jerusalem, en die skrynwerkers en die smede, uit Jerusalem vertrek;)
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Jojagin en die koninginmoeder was toe alreeds uit Jerusalem weggevoer. Saam met hulle was ook die amptenare van die koning, die leiers van Juda, ambagsmense en smede.
Afrikaans 1933/1953 ndie uittog van die koning Jegonja en die gebiedster en die hofdienaars, die vorste van Juda en Jerusalem, en die smede en die slotmakers, uit Jerusalem --
Afrikaans 1983 Jeremia het die brief gestuur nadat koning Jojagin en die koninginmoeder, die paleispersoneel en die amptenare van Juda en Jerusalem, die ambagsmanne en die bouers uit Jerusalem weg is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) nadat koning Jegonja, die koninginmoeder en die eunugs, die •hoë amptenare van Juda en Jerusalem, die vakmanne en metaalwerkers reeds uit Jerusalem vertrek het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit het gebeur toe koning Jojagin en sy ma na Babel moes gaan, en saam met hulle almal wat in die paleis gewerk het en die amptenare van Juda en Jerusalem en die ambagsmanne en die ander mense wat goed met hulle hande kon werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Jojagin en die koningin-moeder was toe alreeds as gevangenes uit Jerusalem weggevat. Saam met hulle was ook die amptenare van die koning, die leiers van Juda en al die mense wat goed met hulle hande kon werk. Dit was onder andere ambagsmense en mense wat met yster kon werk.