Jeremiah 29:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat hulle nie na my woorde geluister het nie, spreek die HERE, wat Ek na hulle gestuur het deur my knegte, die profete, vroeg opgestaan en hulle gestuur het; maar julle wou nie hoor nie, spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit sal gebeur omdat hulle hulle nie steur aan wat Ek sê nie. Ek het soveel keer my dienaars — die profete — na hulle gestuur, maar verniet,” sê die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | omdat hulle na my woorde nie geluister het nie, spreek die HERE, waarmee Ek my knegte, die profete, na hulle gestuur het, vroeg en laat, sonder dat julle geluister het, spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het nie na my waarskuwings geluister toe Ek my dienaars die profete vroeg en laat na hulle toe gestuur het nie, sê die Here. Julle ballinge het ook nie geluister nie, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | omdat hulle nie na my woorde geluister het nie,’ is die uitspraak van die Here, ‘toe Ek my dienaars, die profete, aanhoudend na hulle gestuur het, en hulle nie geluister het nie,’ is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit sal gebeur omdat hulle nie geluister het na wat Ek gesê het nie. Ek het aangehou om my dienaars, die profete, na hulle toe te stuur, maar hulle het nie geluister nie. Dit sê die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die rede hoekom dit so sal gebeur, is doodeenvoudig dat hulle hulle nie aan My steur nie. Hulle luister nie na My nie. Ek het soveel keer al met hulle gepraat deur my profete wat Ek na hulle gestuur het, maar pure verniet.” |