Jeremiah 29:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal deur julle gevind word, spreek die HERE; en Ek sal julle gevangenskap afwend en julle versamel uit al die nasies en uit al die plekke waarheen Ek julle verdryf het, spreek die HERE; en Ek sal jou terugbring na die plek waar Ek jou in ballingskap weggevoer het.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle sal My toeganklik vind,” sê die Here. “Ek sal julle uit gevangenskap laat terugkeer. Ek sal julle versamel tussen al die nasies waar julle nou is en uit al die plekke waarheen Ek julle verban het,” sê die Here. “Ek sal julle weer terugbring na die plekke waarvandaan Ek julle in ballingskap laat gaan het.”
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal My deur julle laat vind, spreek die HERE, en julle lot verander en julle versamel uit al die nasies en uit al die plekke waarheen Ek julle verdryf het, spreek die HERE; en Ek sal julle terugbring na die plek vanwaar Ek julle in ballingskap weggevoer het.
Afrikaans 1983 Julle sal My ontmoet, sê die Here, en Ek sal julle terugbring uit die ballingskap uit. Ek sal julle bymekaarmaak tussen al die nasies uit en van al die plekke af waarheen Ek julle verstrooi het, sê die Here, en Ek sal julle terugbring na die plek toe waarvandaan Ek julle in ballingskap weggevoer het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal My deur julle laat vind,” is die uitspraak van die Here, “en Ek sal julle lot verander en julle bymekaarmaak uit al die nasies en al die plekke waarheen Ek julle verdryf het,” is die uitspraak van die Here, “en Ek sal julle terugbring na die plek waarvandaan Ek julle in ballingskap weggevoer het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal julle help om My te kry, en Ek sal dit weer goed laat gaan met julle. Ek sal julle bymekaarmaak uit al die volke en uit al die plekke waarnatoe Ek julle laat gaan het, en Ek sal julle terugbring hier na die plek van waar Ek julle laat wegvat het. Dit sê die Here,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek verstaan wat julle graag wil hê. Ek sal sorg dat julle nie langer as gevangenes in ’n ander land sal bly nie. Ek sal julle wegvat tussen al die nasies waar julle nou is. Dit is so dat Ek die rede is dat julle daar in die vreemde sit, maar Ek sal julle na julle eie land toe terugbring,” sê die Here.