Jeremiah 29:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit is die woorde van die brief wat die profeet Jeremia uit Jerusalem gestuur het aan die oorblyfsel van die oudstes wat weggevoer is, en aan die priesters en die profete en aan die hele volk wat Nebukadnésar uit Jerusalem as gevangenes weggevoer het na Babilon toe;
Afrikaans (NLV) 2011 Wat volg, is die inhoud van ’n brief wat Jeremia in Jerusalem geskryf het. Hy het dit gestuur aan die oumense, priesters, profete en al die mense wat Nebukadnesar uit Jerusalem na Babel toe weggevoer het.
Afrikaans 1933/1953 En dit is die woorde van die brief wat die profeet Jeremia uit Jerusalem gestuur het na die nog lewende oudstes van die ballinge en na die priesters en die profete en na die hele volk wat Nebukadn,sar uit Jerusalem in ballingskap weggevoer het na Babel toe --
Afrikaans 1983 Dit is 'n afskrif van die brief wat die profeet Jeremia uit Jerusalem gestuur het na die leiers van die ballinge wat nog oor was, en na die priesters en die profete en die hele volk wat deur Nebukadnesar uit Jerusalem na Babel toe weggevoer is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is die woorde van die brief wat die profeet Jeremia uit Jerusalem gestuur het na die res van die oudstes in ballingskap en na die priesters, die profete en die hele volk wat Nebukadnesar uit Jerusalem in ballingskap weggevoer het na Babel,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die profeet Jeremia was in Jerusalem en hy het 'n brief geskryf vir die leiers van die Judeërs wat in Babel was en vir die priesters en al die mense vir wie Nebukadnesar weggevat het uit Jerusalem na Babel. Hy het die brief geskryf vir almal wat nog gelewe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jeremia het ’n brief geskryf terwyl hy in Jerusalem was. Hy het dit gestuur aan die senior leiers, die priesters, die profete en al die mense van Juda wat in Babel was. Koning Nebukadnesar het hulle uit hulle land weggevat Babel toe.