Jeremiah 28:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die profeet wat van vrede profeteer, as die woord van die profeet uitkom, dan sal die profeet bekend word dat die HERE hom waarlik gestuur het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ’n profeet vrede sou verkondig, moet ’n mens sien of dit realiseer. Eers as die profeet se woorde regtig gebeur, kan ’n mens weet die Here het die persoon gestuur.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die profeet wat profeteer van vrede -- as die woord van die profeet uitkom, sal die profeet bekend word wat die HERE waarlik gestuur het. |
| Afrikaans 1983 | Maar die profeet wat voorspoed aankondig, is net aanvaar as profeet wat werklik deur die Here gestuur is, wanneer so 'n profeet se woord uitkom.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die profeet wat vrede profeteer, sal, as die woord van die profeet uitkom, bekend wees as 'n profeet wat werklik deur die Here gestuur is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar wanneer 'n profeet 'n boodskap bring en hy sê daar sal vrede kom, dan moes die vrede eers kom en daarna het die mense geweet die Here het die profeet regtig gestuur.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As dit sou gebeur dat ’n profeet mense gerusstel dat hulle vrede en rus gaan hê, moet ’n mens maar eers wag en sien of dit waar word. Net as dit wat die profeet gesê het gaan gebeur, regtig gebeur, kan ’n mens sê die Here het die persoon gestuur.” |