Jeremiah 28:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die profete wat van ouds voor my en voor jou was, het geprofeteer teen baie lande sowel as teen groot koninkryke, van oorlog en van boosheid en van pes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die profete van ouds het teen baie lande en sterk ryke gepreek, en altyd oorloë, hongersnood en epidemies aangekondig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die profete wat daar voor my en voor jou gewees het, van ouds af, het geprofeteer teen magtige lande en teen groot koninkryke van oorlog en onheil en pes. |
| Afrikaans 1983 | Die profete uit die dae voor jou en my het lankal vir baie lande en oor groot koninkryke oorlog en rampe en peste aangekondig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die profete wat voor my en jou daar was in die ou tyd, het teen baie lande en teen groot koninkryke geprofeteer oor oorlog en rampe en pessiektes. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die profete wat lank voor my en jou gelewe het, het boodskappe gebring oor baie en belangrike lande. Hulle het gesê daar kom oorlog en die mense sal swaarkry en almal sal siek word en sterf van pes. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nog lank voor my en jou was daar al profete van die Here wat moeilike dinge moes sê teen lande wat baie sterk was. Hulle moes vir die mense gesê het van oorloë wat sou kom. Maar hulle moes ook vir hulle sê dat van hulle van die honger sou doodgaan of dat siektes hulle sou tref. |