Jeremiah 28:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Selfs die profeet Jeremia het gesê: Amen, die HERE doen so: die HERE doen jou woorde wat jy geprofeteer het, om die voorwerpe van die huis van die HERE en alles wat in ballingskap weggevoer is, uit Babel na hierdie plek terug te bring.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het gesê: “Laat dit so wees! Mag die Here dit so laat gebeur! Mag die Here doen wat jy geprofeteer het. Ek hoop ook dat Hy die kosbare voorwerpe wat uit die tempel weggedra is en al ons geliefdes uit Babel na hierdie plek toe sal terugbring.
Afrikaans 1933/1953 en die profeet Jeremia het gesê: Amen, laat die HERE so doen! Laat die HERE vervul jou woorde wat jy geprofeteer het, deur die voorwerpe van die huis van die HERE en al die ballinge uit Babel na hierdie plek terug te bring!
Afrikaans 1983 Die profeet Jeremia het gesê: “Ek sou dit ook graag so wou hê. Mag die Here dit doen. Mag die Here bevestig wat jy as profeet gesê het en die voorwerpe uit die huis van die Here en al die ballinge na hierdie plek toe terugbring uit Babel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ja, die profeet Jeremia sê toe: “Amen, mag die Here dit so doen! Mag die Here jou woorde wat jy geprofeteer het, vervul deur die voorwerpe van die huis van die Here en al die ballinge uit Babel terug te bring na hierdie plek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die profeet Jeremia het gesê: “Ek wens jy was reg. Ek wens die Here doen wat jy gesê het. Ek wens die boodskap wat jy gebring het, was waar, sodat die tempel-gereedskap kan terugkom na hierdie plek en ook die mense wat na Babel moes gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het gesê: “Goed so! Ek hoop dit gebeur net soos jy gesê het. Ek hoop die Here doen alles wat jy sê. Ek hoop ook dat Hy al die kosbare goed wat uit die tempel weg is, uit Babel sal terugbring hier na Jerusalem toe. Ja, ook al die mense wat gevang en ontvoer is.