Jeremiah 28:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal Jekonja, die seun van Jójakim, die koning van Juda, na hierdie plek terugbring, met al die ballinge van Juda wat na Babel gegaan het, spreek die HERE; want Ek sal die juk van die koning van Babel verbreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal ook vir Jojagin, die seun van Jojakim, hiernatoe terugbring. Ek sal ook al die ballinge van Juda wat hulle na Babel weggevoer het, terugbring. Ek sal die juk van die koning van Babel stukkend breek, sê die Here.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook Jegonja, die seun van Jojakim, die koning van Juda, en al die ballinge van Juda wat na Babel gegaan het, bring Ek in hierdie plek terug, spreek die HERE; want Ek sal die juk van die koning van Babel verbreek. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal ook vir koning Jojagin van Juda, seun van Jojakim, en al die ballinge van Juda wat deur Nebukadnesar na Babel toe gevat is, na hierdie plek toe terugbring, sê die Here, want Ek sal die juk wat Babel se koning julle oplê, verbreek.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jegonja, seun van Jojakim, koning van Juda en al die ballinge van Juda wat na Babel gegaan het, gaan Ek na hierdie plek terugbring,’ is die uitspraak van die Here, ‘want Ek sal die juk van die koning van Babilonië breek.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En Ek sal ook vir Jojagin seun van Jojakim, koning van Juda, en almal wat uit Juda na Babel moes gaan, terugbring na hierdie plek. Ja, Ek sal die juk van die koning van Babel breek. Dit het die Here gesê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal ook vir Jojagin, wat die seun van Jojakim is, hiernatoe terugbring. Maar Ek sal ook die ander mense wat saam met hom na Babel ontvoer is, terugbring. Julle kan seker wees, Ek sal die mag wat die koning van Babel oor julle het, verbreek.” Dit is wat die Here sê Hy gaan doen. |