Jeremiah 28:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Binne twee volle jare sal Ek al die voorwerpe van die huis van die HERE wat Nebukadnésar, die koning van Babel, van hierdie plek af weggeneem en na Babel gebring het, na hierdie plek terugbring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Nebukadnesar het ’n klomp voorwerpe uit die tempel na Babel toe weggedra. Oor twee jaar sal Ek dit weer na die tempel toe terugbring. |
| Afrikaans 1933/1953 | In nog twee jaar bring Ek in hierdie plek terug al die voorwerpe van die huis van die HERE wat Nebukadn,sar, die koning van Babel, uit hierdie plek weggeneem en na Babel gebring het. |
| Afrikaans 1983 | Oor twee jaar sal Ek al die voorwerpe uit my tempel, wat koning Nebukadnesar van Babel uit hierdie plek uit na Babel toe gevat het, hierheen laat terugbring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nog net twee jaar, dan gaan Ek al die voorwerpe van die huis van die Here wat Nebukadnesar, die koning van Babilonië, uit hierdie plek gevat en na Babel geneem het, na hierdie plek terugbring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Voordat twee jaar verby is, sal Ek al die tempel-gereedskap terugbring wat koning Nebukadnesar weggevat het na Babel, Ek sal dit terugbring na hierdie plek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Koning Nebukadnesar het ’n klomp kosbare bakke uit die tempel na Babel toe weggedra. Oor twee jaar sal Ek dit na die tempel toe terugbring. |