Jeremiah 28:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die profeet Jeremia vir die profeet Hanánja: Hoor tog, Hanánja! Die HERE het jou nie gestuur nie; maar U laat hierdie volk op 'n leuen vertrou.
Afrikaans (NLV) 2011 Die profeet Jeremia het vir die profeet Gananja gesê: “Luister, Gananja, die Here het jou nie gestuur nie! En tog het jy dit reggekry dat die mense jou leuens glo.
Afrikaans 1933/1953 En die profeet Jeremia het aan die profeet Han nja gesê: Luister tog, Han nja! Die HERE het jou nie gestuur nie, maar jy het hierdie volk op leuens laat vertrou.
Afrikaans 1983 Die profeet Jeremia het toe vir die profeet Gananja gesê: Luister, Gananja! Die Here het jou nie gestuur nie. Jy laat hierdie volk staatmaak op leuens.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die profeet Jeremia het toe vir die profeet Gananja gesê: “Luister tog, Gananja! Die Here het jou nie gestuur nie, maar jy laat hierdie volk op leuens vertrou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die profeet Jeremia het ook vir die profeet Gananja gesê: “Gananja, luister goed. Die Here het jou nie gestuur nie, maar jy het hierdie mense laat glo dat leuens hulle kan help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jeremia en Gananja het al twee gesê dat hulle profete van die Here is. Jeremia het toe vir Gananja gesê: “Luister, Gananja, die Here het jou nie as sy boodskapper gestuur nie! En tog het jy dit reggekry dat die mense jou leuens glo.