Jeremiah 28:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Ek het 'n ysterjuk op die nek van al hierdie nasies gelê, dat hulle Nebukadnésar, die koning van Babel, kan dien; en hulle sal hom dien, en Ek het hom ook die diere van die veld gegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: Ek het ’n ysterjuk op die nekke van al hierdie nasies geplaas sodat hulle koning Nebukadnesar van Babel as slawe sal dien, want Ek het alles onder sy beheer gestel, selfs die wilde diere.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Ek het 'n ysterjuk gelê op die nek van al hierdie nasies om Nebukadn,sar, die koning van Babel, te dien, en hulle sal hom dien; ja, selfs die wilde diere van die veld het Ek aan hom gegee. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Ek sit 'n ysterjuk op die nek van al hierdie nasies: hulle sal vir koning Nebukadnesar van Babel dien. Hulle sal hom dien, en Ek stel ook die wilde diere tot sy beskikking. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, so sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel: “'n Ysterjuk lê Ek op die nekke van al hierdie nasies om Nebukadnesar, die koning van Babilonië, te dien, en hulle sal hom dien. Selfs die wilde diere gee Ek aan hom.” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Ek sit 'n yster-juk op die nek van al hierdie volke, hulle sal die slawe wees van die koning van Babel, en hulle sal vir hom werk. Ek gee ook al die wilde diere vir hom.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek is die Here wat sterker as alles en almal is. Ek is die God van Israel. Ek sal ’n ysterjuk op die nekke van al hierdie nasies sit. Ek sal hulle dwing om voor Nebukadnesar, wat die koning van Babel is, te buig en vir hom te werk. Hy sal mag oor hulle hê. Hulle sal geen regte hê nie. Alles sal onder sy beheer wees. Hy sal selfs oor die wilde diere beheer hê.” |