Jeremiah 28:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hanánja het in die teenwoordigheid van die hele volk gespreek en gesê: So spreek die HERE; Net so sal Ek die juk van Nebukadnésar, die koning van Babel, binne twee volle jare van die nek van al die nasies verbreek. En die profeet Jeremia het gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het hy weer vir die mense wat rondom hulle gestaan het, gesê: “Die Here het belowe Hy sal binne twee jaar die juk van Nebukadnesar koning van Babel oor al die nasies verbreek.” Op dié punt het die profeet Jeremia daarvandaan weggegaan.
Afrikaans 1933/1953 En Han nja het gespreek in teenwoordigheid van die hele volk en gesê: So spreek die HERE: So sal Ek verbreek die juk van Nebukadn,sar, die koning van Babel, in nog twee jaar, van die nek van al die nasies. En die profeet Jeremia het weggegaan.
Afrikaans 1983 Gananja het voor die hele volk gesê: “So sê die Here: So sal Ek oor twee jaar die juk verbreek wat deur koning Nebukadnesar van Babel gesit is op die nek van al die nasies.” Die profeet Jeremia is toe daar weg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gananja sê toe in die teenwoordigheid van die hele volk: “So sê die Here, ‘Net so sal Ek binne twee jaar die juk van Nebukadnesar, die koning van Babilonië, breek, van die nekke van al die nasies af.’ ” Die profeet Jeremia het daarna sy koers gegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en hy sê sodat al die mense hoor: “Die Here sê: So sal Ek ná twee jaar die juk van die koning van Babel afhaal van die nekke van al die volke en Ek sal dit breek.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het hy weer vir die mense wat rondom hulle gestaan het, gesê: “Die Here het belowe dat Hy binne twee jaar die mag van Nebukadnesar, die koning van Babel, soos hierdie juk sal breek. Nebukadnesar gebruik sy mag om nasies te onderdruk, maar die Here sal dit stopsit.” Toe het Jeremia van die tempel af weggeloop.