Jeremiah 28:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur in dieselfde jaar, in die begin van die regering van Sedekía, die koning van Juda, in die vierde jaar en in die vyfde maand, dat Hanánja, die seun van die profeet Asur, wat uit Gíbeon was, met my gespreek het in die huis van die HERE in die teenwoordigheid van die priesters en van die hele volk, en gesê:
Afrikaans (NLV) 2011 In die laatsomer van die vierde jaar van die bewind van Sedekia koning van Juda het Gananja met my gepraat. Gananja, ’n profeet, was die seun van Assur, afkomstig uit Gibeon. Hy het met my gepraat in die tempel van die Here terwyl al die priesters en gewone mense gestaan en luister het. Hy het gesê:
Afrikaans 1933/1953 En in die jaar, in die begin van die regering van Sedek¡a, die koning van Juda, in die vierde jaar, in die vyfde maand, het Han nja, die seun van Assur, die profeet, wat uit G¡beon afkomstig was, met my gespreek in die huis van die HERE in teenwoordigheid van die priesters en van die hele volk en gesê:
Afrikaans 1983 In daardie tyd, in die vyfde maand van die vierde regeringsjaar van koning Sedekia van Juda, dit was dus in die eerste deel van sy regering, het die profeet Gananja seun van Assur uit Gibeon vir my in die teenwoordigheid van die priesters en die hele volk in die huis van die Here gesê:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In dieselfde jaar, aan die begin van Sedekia, koning van Juda, se regering, in die vyfde maand van die vierde jaar, het Gananja, seun van Assur, die profeet uit Gibeon, vir my in die huis van die Here, in die teenwoordigheid van die priesters en die hele volk, gesê:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die profeet Gananja seun van Assur, van die stad Gibeon, het in dieselfde jaar met my in die tempel gepraat. Dit was in die vierde jaar nadat Sedekia koning van Juda geword het, in die vyfde maand. Die priesters en al die mense het dit gehoor. Gananja het gesê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die laatsomer van die vierde jaar wat Sedekia koning van Juda was, het Gananja met my gepraat. Gananja was die seun van Assur en het uit Gideon gekom. Hy het ook gesê dat hy ’n profeet van die Here is. Hy het in die tempel met my gepraat terwyl al die priesters en gewone mense gestaan en luister het.