Jeremiah 27:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit sal gebeur dat die nasie en die koninkryk wat dieselfde Nebukadnésar, die koning van Babel, nie sal dien nie, en wat hulle nek nie onder die juk van die koning van Babel sal lê nie, oor daardie nasie sal Ek besoeking doen, spreek die HERE met die swaard en met die hongersnood en met die pes, totdat Ek hulle deur sy hand verteer het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle almal moet die koning van Babel dien. Plaas julle nekke onder die juk van die koning van Babel. Maar as een van hierdie nasies of lande weier om Nebukadnesar te dien, stuur Ek oorloë, hongersnood en epidemies na hulle totdat Babel hulle heeltemal oorwin, sê die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die nasie en die koninkryk wat hom, Nebukadn,sar, die koning van Babel, nie sal dien nie, en wat sy nek nie sal steek onder die juk van die koning van Babel nie -- oor daardie nasie sal Ek, spreek die HERE, besoeking doen met die swaard en die hongersnood en die pes, totdat Ek hulle heeltemal in sy mag gebring het. |
| Afrikaans 1983 | Die nasie of koninkryk wat nie vir koning Nebukadnesar van Babel wil dien en onder die juk van Babel se koning wil buig nie, sal Ek met oorlog en met hongersnood en met pes straf, sê die Here. Ek sal hulle uitroei deur Nebukadnesar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die nasie of koninkryk wat nie aan hom, Nebukadnesar, die koning van Babilonië, onderhorig wil wees nie en sy nek nie onder die juk van die koning van Babilonië, insteek nie – met die swaard, hongersnood en pessiekte sal Ek van daardie nasie rekenskap eis, is die uitspraak van die Here, totdat Ek hulle volledig in sy hand oorgegee het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Ek sal die volk en die land straf wat nie vir Nebukadnesar koning van Babel wil dien en wat nie sy juk wil dra nie. Ek sal daardie volk straf met oorlog en honger en pes. “Ek sal aanhou totdat Nebukadnesar hulle almal doodgemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle almal moet die koning van Babel dien. Sit julle nek onder die juk van die koning van Babel. Maar as een van hierdie nasies of lande weier om Nebukadnesar te dien, sal Ek hulle straf,” sê die Here. “Ek sal veroorsaak dat hulle oorlog moet maak. Verder sal Ek hulle honger laat ly en ’n epidemie onder hulle laat uitbreek. So sal dit aanhou totdat Nebukadnesar hulle op die ou end oorwin het. |