Jeremiah 27:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het die aarde gemaak, die mens en die dier wat op die aarde is, deur my groot krag en deur my uitgestrekte arm, en het dit gegee aan wie dit vir my goed gelyk het.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het die aarde en die mense en die diere op die aarde deur my groot mag en krag gemaak. Ek kan dit gee aan wie Ek wil.
Afrikaans 1933/1953 Ek het die aarde, die mens en die diere wat op die aarde is, gemaak deur my grote krag en deur my uitgestrekte arm, en Ek gee dit aan wie dit reg is in my oë.
Afrikaans 1983 Deur my groot krag en met my magtige dade het Ek die aarde, die mense en die diere wat op die aarde is, gemaak en Ek gee dit aan wie Ek wil.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek is die een wat deur my groot krag en uitgestrekte arm die aarde gemaak het, ook die mense en diere wat op die aarde is, en Ek gee dit aan wie Ek wil.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is Ek wat die aarde gemaak het, en ook die mense en die diere wat op die aarde is. Ek het dit gedoen met my eie groot krag, en Ek gee dit vir wie Ek wil.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Omdat Ek baie mag en krag het, het Ek die aarde en die mense en die diere wat op die aarde is, gemaak. Ek kan daarmee maak net wat Ek wil.